Advent Calendar / Adventkalender

Advent Calendar / Adventkalender

Mense, 'n Adventkalender is darem 'n lekker visuele manier om die dae af te tel tot Kersfees!

Ek het dit nou al lank op my hart om 'n Christelike adventkalender vir my kindertjies te maak. So hier is sommer 'n selfdoen-enetjie wat ek vandag aanmekaargesit het en vertaal het vir die kleuters by ons kerk hier in Sydney. Hy is om daardie rede nou sommer in Engels en in Afrikaans beskikbaar.

Indien dit dalk iets is wat julle ook graag saam sou wil doen by die huis, kan julle die bladsye uitdruk, het ek die bladsye in pdf-formaat opgelaai sodat julle ook kan knip en plak en versier dat dit bars!

Dit is 'n lekker aktiwiteit om elke oggend of aand te doen. Vertel elke dag die storie van voor af tot by die dag se vordering, sodat jou kinders teen Kerstyd die hele storie ken! Vul aan met meer volledige voorlesings uit die Bybel.

Hier is ‘n paar riglyne: 

  • Ek het ons kindertjies s'n sommer op ou kartonbokse gemaak wat ons opgesny het. Ek het die opskrif "Die Kersverhaal" / "The Christmas Story" bo-aan geskryf en met silwer en goue verfmerkers ingevul.
  • Jy kan my pdf-blaaie met die prentjies, woorde en nommers gratis aflaai, of jou eie skep.
  • Die deurtjies vir die kalender is almal genommer van 1-24, om daagliks deur Desembermaand oop te maak. So druk dit op gekleurde bladsye uit, of op wit bladsye of karton, en versier hulle!
  • Knip dan blokkies twee-twee saam uit, sodat die nommerblokkie regs is en 'n skoon blokkie links sit. Vou dit toe, en smeer gom op die agterkant (die gegomde sy was aanvanklik die skoon blokkie, links van die syfer).
  • Plak die nommerdeurtjies op jou kartonbord, sodanig dat die nommer aan die buitekant van die deurtjie is. Indien die deurtjies in numeriese volgorde geplak word, is dit later makliker om die storie te volg.
  • Druk die storiebladsy uit op 'n wit papier. Jy kan kies tussen Engels en Afrikaans. Knip hulle uit sodat die twee aangrensende blokkies vas aan mekaar bly - 'n teksblokkie regs, en die bypassende prentjie links.
  • Plak die storieblokkies binne-in die ooreenstemmende nommerdeurtjie. Julle kan die storieprentjies ook inkleur.

Baie liefde hier uit Sydney

Jeannie

Terug na blog / Back to blog

1 kommentaar / comment

Wat n pragtige idea.Ek bere hom vir my toekomstige kleinkinders.Ons seun is nou al 19 en alhoewel ons baie Afrikaans tuis praat ,is ons seun Engels hier geword.Ek is spyt ons het nie volhard met Afrikaans vir hom nie.My hoop is dat hy sal dit will legend hou in sy eie kinders eendag net soveel soos hy Kaapse kos lief het.Groete Erika

Erika

Laat 'n kommentaar / Leave a comment