Skip to product information
1 van / of 2

Storieman Omnibus 2

Storieman Omnibus 2

Die Storieman-reeks wat in die 1980s deur Leon Rousseau uitgegee is, was ongetwyfeld een van die grootste kinderboeksuksesse van ons tyd. Hierdie omnibus-uitgawe is ‘n versameling van die mooiste en gewildste plaaslike- en feëverhale uit die bekende Storieman-reeks. Dit sluit die oorspronklike voorlesings op twee oudio-CDs in.

Kom luister in hierdie uitgawe saam na geliefde verhale soos “Fritz Deelman en die verlate tuin”,“Racheltjie de Beer” en “Ou Meneer Springer”, asook na die klassieke “Jakkals en Wolf”-stories. Hier is ook sprokies soos “Rooikappie” en “Raponsie” om weer van nuuts af te betower!

Storieman is so ontwerp dat selfs die jongste kind dit kan gebruik. ‘n Ghongslag klink elke keer wanneer die bladsy omgeblaai moet word, sodat dit maklik is om die storie in die boek te volg. By die huis, in die motor . . . Storieman is daar! Honderde aanhangers wag reeds opgewonde vir hierdie opwindende nuwe uitgawes! 

(Sagteband + 2 oudio CDs)

Gewone prys / Regular price $27.50 AUD
Gewone prys / Regular price Prys op uitverkoping / Sale price $27.50 AUD
Op uitverkoping / Sale Uit voorraad / Sold out
Taxes included. Aflewering word bereken met betaling. / Shipping calculated at checkout.
Sien volle besonderhede / View full details

Boekwurm - vir ons mense en ons taal!