Afrikaanse kykstof en luistermateriaal vir jou kleinspan!

Afrikaanse kykstof en luistermateriaal vir jou kleinspan!

Jeanne van Zyl

Dit is nou maar wors - televisie, flieks en gesofistikeerde animasie is deel van ons kinders se leefwêreld. Die op-jou-vingerpunt beskikbaarheid via YouTube en ander stroomdienste is soveel anders as on kinderdae, toe 'n mens moes wag vir M-Net Oopkyktyd of vir 'n storie op ‘n Saterdagoggend!

Behalwe vir die 24/7 alomteenwoordigheid van die media, is die boodskappe en tipe inhoud in party hedendaagse kinderstories vir baie ouers kommerwekkend. Ons wil so graag ons kinders se hartjies en gedagtes vir so lank moontlik onskuldig help bly! Verder is dit vir baie gesinne belangrik om kinders soveel moontlik blootstelling aan hul moedertaal (in ons geval, Afrikaans) te gee.

Daarom het ons uitgereik na Boekwurm se gemeenskap ekspat-ouers (en vriende en familie in Suid-Afrika) vir verwysings na oulike, opbouende en opvoedkundige Afrikaanse materiaal wat ons saam met ons kinders kan geniet. In hierdie artikel deel ek graag ons gunstelinge se skakels. Deel ook asseblief gerus julle voorstelle van nuwe, hoë gehalte kinderstories in die kommentaar. Kom gerus terug hierheen, want ek sal dit opdateer soos nog materiaal bykom!

Ou gunsteling TV-stories en flieks

  • Juffrou Linky: Opvoedkundige videos en opgewekte liedjies oor seerowers, brandweerwaens en meer!
  • @Bezties: ‘n Massiewe verskeidenheid sprokies van Simsala Slim, asook Lollos, Mannemarak, Afrikaanse liedjies, Barney in Afrikaans, die Wysheid van die Kabouters, Liewe Heksie, Doffel en Bekkie.
  • Alles Afrikaans - Noddie, Romeo en Juliet, Storiehuis, Interster, Die Brakkers van Kammaland, Toby.
  • AntekPistool: Brakanjan, Moemin, Katenova, Blousel en die Brakke, Honkedonk, Robbie, Teo, Wiekie die Viking, Nils Holgersson, Don Quijote, Pinocchio.
  • Wonder Wêreld Kindermedia – Heidi, Lucky Luke, Wiekie die Viking, Pokkel die Eekhoring, Brakanjan, Afrikaanse Kinderliedjies, Pinocchio, Bybelstories in Afrikaans, Wielie Walie, Haas Das se Nuuskas.
  • Nic Youtuber - Heidi in HD (Afrikaans).
  • 50/50 – vir insetsels oor Suid-Afrikaanse natuurskoon, sommiges in Afrikaans.

Nuwe stories om te kyk en luister

  • Afrikinders – Deel van AfriforumTV, ‘n gratis stroomplatform en “app”.
  • RoboFuse – Tom die Insleepvoertuig in Car City en Robofuse Robotprentjies vir kinders.
  • Afrikaanse kinderstories: Geanimeerde kinderstories vir peuters en kleuters met ‘n Christelike inslag.

Luister

Opvoedkundige kanale

  • Stegosourus Learning - Stegosaurus Learning bied 'n verskeidenheid van gratis Afrikaanse, opvoedkundige videos vir kleuters en jong skoolgaande kinders!
  • Bee Bee Die By – ‘n Splinternuwe karakter wat fokus op kinders tussen die ouderdom van twee en ses jaar
  • Pretletters met musiek - YouTube-kanaal asook ‘n klankeprogram.
  • Tippie - Tippie is ’n tweetalige pers olifant wat lag-lag taalontwikkeling in a progressiewe en natuurlike manier aanhelp. (Kry die Tippie-boekies by Boekwurm en laai ander hulpmiddels af by Curious Readers.)
  • Dada se Wêreld – Kindervideos vir lees, leer en ontspanning. 
  • Pleasant memories education - I can , Ek kan – Afrikaanse kinderliedjies, begripstoetswnke, klankleer, woordsoorte, alfabet, tel, digkuns, dae van die week, troeteldiere, emosies, Suid-Afrika vir kinders, sinonieme en antonieme, wenke vir ouers, ens.
  • Lami Leer en Speel - Afrikaanse liedjies, tematiese lesse, en rympies vir kleuters wat opvoedkundig en opbouend is.
  • Klara Klets – Leer Afrikaanse konsepte saam met jong maatjies. 
  • Karli Leer en Speel – Leer oor verskillende, interessante temas. 
  • Leer Afrikaans 123 – ‘n Enorme databasis met speellyste vir Afrikaanse leermateriaal, insluitende die alfabet, klankleer, stories, skrif, gesprekstaal, luistervaardighede en Wiskunde.
  • MyAfrikaans: Iets vir volwassenes ook, insluitende resepte en die aanleer van Sesotho en Zoeloe.
  • Shongololo Media – “Afrikaans vir beginners”, liedjies, rympes, leer en pdf saamleesboeke.

 Bybelstories

Geniet dit! Deel gerus hierdie artikel met mense wat dit sal waardevol vind, en laat weet ons gerus in die kommentaar as jy op iets nuuts afkom!

Terug na blog / Back to blog

2 kommentare / comments

Anna emm pod is ook n uitstekende audiobook suskripsiediens tiepe inhoud. Kortverhale wat mooi vertel word met goeie agtergrondsmusiek en geluide.

Yolandi

Moenie vergeet van Bazoo die bergskilpad se fantastiese Fynbosbuurt avonture nie! Beskikbaar via Spotify & iTunes/Apple Music! https://distrokid.com/hyperfollow/bazoostories/bazoo-se-fynbosbuurt-avonture

Renie Theron

Laat 'n kommentaar / Leave a comment