Oor Boekwurm / About us

Welkom by Boekwurm! My naam is Jeannie. Ek woon sedert 2018 in Sydney, Australië. Kieran is my Aussie-man wat in 2017 begin Afrikaans leer het, en ons het twee seuntjies. Ons oudste is in 2020 gebore. 

Ek het tydens die pandemie besef dit gaan moeilik wees om ons kinders 'n wegspring met Afrikaans te gee!  Ons glo ook tweetaligheid is van onskatbare waarde vir ons kinders. Boekwurm het dus in 2021 ontstaan hier in Sydney, Australië.

Boekwurm het sedertdien al pakkies na honderde gesinne in Australië, Nieu-Seeland en Kanada gestuur. Ons is mal daaroor om ons kliënte beter te leer ken via boodskappe, oproepe en sosiale media. Suid-Afrikaners woon en woeker op die interessantste dorpe!

Dit sal wonderlik wees as ons kinders met selfvertroue kan lees, skryf en kommunikeer in die taal van hul ouers, oupas, oumas, niggies en nefies! My doelwit is dus om kinders en ouers toe te rus sodat Afrikinners in die buiteland makliker in kontak met die Afrikaanse taal en kultuur kan bly.

Ons doen moeite om 'n wye verskeidenheid vars, moderne Afrikaanse kinderboeke beskikbaar te stel. Daar is bababoeke, kleuterboeke, nie-fiksie, sprokies, kinderbybels, grappe, boeke met aktiwiteite, en die lys gaan aan. Ons hou ook ander Afrikaverhale in Engels aan wat unieke geskenke vir julle Aussie-maats sal wees.

In 2022 het ons Afriforum se Tinteltong Toekenning gewen vir ons bydrae tot Afrikaans in die buiteland, en daar het artikels oor ons in die Beeld, die Burger en op Netwerk24 verskyn. Verder herpubliseer Afriforum Wêreldwyd graag ons blogartikels oor Afrikaans en tweetaligheid in die buiteland.

Ons hoop julle doen lekker inkopies. Laat weet gerus vir ander mense as julle hierdie aanlyn boekwinkel geniet! Ons het ook 'n lewendige Afrikaanse taal- en kultuur leerblad op Instagram - gaan volg @boekwurm.com.au en ons Facebook-blad @boekwurm.com.au.

Terloops - Boekwurm is ‘n na-uurse passieprojek. Ek het ‘n BA-graad in Tale en Letterkunde (met spesialisering in kreatiewe skryfwerk) verwerf ná my ingenieursgraad. Bedags werk ek as ‘n siviele ingenieur en projekbestuurder op ongelooflike interessante infrastruktuurprojekte hier in Australië.

♥️

Welcome to Boekwurm. I'm Jeannie. I live in Sydney, Australia, with my Afrikaans-speaking Australian-born hubby and 2 sons.

Boekwurm was born out of necessity in 2021. I am super passionate about the benefits of bilingualism, and the special value that a connection to our South African culture gives families. Our family loves seeing our kids communicate confidently with family overseas, and tell others about their unique heritage with pride and solid knowledge. We love empower other families to do the same!

There's something here for everyone interested in fresh, modern South African (mostly Afrikaans) children's literature. We stock baby books, non-fiction, fairy tales, chlidren's Bibles, joke books, activity books and more.

We are also mindful that our English speaking friends (who do not understand Afrikaans) may be curious to learn more about South Africa and the African continent, and for that reason we stock special titles in English too.

Enjoy your shopping! And be sure to tell others about us if you like what we do.