Refund policy

Beskadigde of foutiewe produkte

Indien u met aflewering merk dat die verpakking merkbaar en aansienlik beskadig is, moet u ontvangs van die besending weier.

Indien u na aflewering merk dat 'n boek in die besending foutief of beskadig is, moet u ons binne 7 dae van ontvangs daarvan in kennis stel (hetsy van die skade, fout of defek wat reeds met aflewering bestaan het, of binne 7 dae van aflewering ontstaan het), en ons inlig van u bedoeling om die produk te laat vervang, of om terugbetaling te eis. Kennisgewings moet asseblief per e-pos aan hallo@boekwurm.com.au gestuur word en foto's van die beskadigde items moet ingesluit word. 

U moet dan die produk op u eie koste terugstuur om deur Boekwurm of ons verskaffer nagegaan te word. Ons adres verskyn op de besending en op ons fakture. Indien die produk dan volgens Boekwurm of ons verskaffer se diskresie bevind word as:

  • beskadig of foutief, en nie as gevolg van u toedoen nie, sal u geregtig wees (a) vir die produk om op Boekwurm se onkoste vervang te word, of (b) om ten volle terugbetaal te word;
  • NIE beskadig of foutief nie; of beskadig of foutief as gevolg van normale gebruik, slytasie, misbruik of mishandeling deur u of u gesin; of deur u (of iemand deur u daartoe toegelaat) wat die produk verstel or beskadig het; sal u verantwoordelik gehou word vir enige kostes wat aangegaan moet word om die produk weer aan u af te lewer, en u sal geen terugbetaling ontvang nie. 

Ander redes vir terugstuur

Ons kan ongelukkig nie goedere omruil of terugneem vir enige ander rede as fisiese skade nie.

Verwerking van terugbetalings

Indien u vir enige rede geregtig is op 'n terugbetaling, sal so 'n terugbetaling direk na u bankrekening betaal word. Die betrokke bankbesonderhede sal via korrespondensie met u bevestig word (gerugsteun met bewys van u bankbesonderhede) en op Boekwurm se rekords aangebring word. 

Boekwurm sal onder geen omstandighede terugbetalings na 'n derde party se bankrekening maak nie. 

Let daarop dat, aangesien terugbetalings deur die banke verwerk moet word, dit tot 10 dae na die goedkeuringsdatum kan neem vir die terugbetaling om verwerk te word.