Die Letter A!

Die Letter A!

Jeanne van Zyl

Op soek na 'n hulpmiddel om jou tweetalige kind nuwe Afrikaanse woorde te leer? Hier is 9 oulike woordeskat-flitskaarte! Oefen hierdie week saam die 9 A-woorde - gebruik gerus dié idees vir verskillende ouderdomme!

  • Blaai deur die kaartjies en noem die voorwerpe wanneer julle iewers moet wag of tou staan.
  • Klank die woorde uit.
  • Gesels oor die woorde en maak voorbeeldsinne.
  • Maak 'n punt daarvan om die voorwerpe in julle alledaagse lewe of in leesboeke op te let of te soek.
  • Werk die woorde in staaltjies en slaaptydstories in.
  • Teken die flitskaart se prentjies oor en kleur die letters en prentjie self in.

Hier is pragtige woordeboeke wat jy kan bestel om verder te help bou aan jou gesin se Afrikaanse woordeskat.

Terug na blog / Back to blog