Fitskaarte met D-woorde

Fitskaarte met D-woorde

Jeanne van Zyl

Op soek na 'n hulpmiddel om jou tweetalige kind nuwe Afrikaanse woorde te leer? Hier is 9 oulike woordeskat-flitskaarte! Oefen hierdie week saam die 9 D-woorde - gebruik gerus dié idees vir verskillende ouderdomme!

  • Blaai deur die kaartjies en noem die voorwerpe wanneer julle iewers moet wag of tou staan.
  • Klank die woorde uit.
  • Gesels oor die woorde en maak voorbeeldsinne.
  • Maak 'n punt daarvan om die voorwerpe in julle alledaagse lewe of in leesboeke op te let of te soek.
  • Werk die woorde in staaltjies en slaaptydstories in.
  • Teken die flitskaart se prentjies oor en kleur die letters en prentjie self in. 

Terug na blog / Back to blog