Privaatheid

Die veiligheid van jou persoonlike inligting is baie belangrik vir ons en daarom neem ons alle redelike stappe om jou persoonlike inligting te beskerm. Neem egter in ag dat geen manier van inligtingoordrag via die internet, of die stoor van inligting op elektroniese mediums, 100% veilig is nie.

Boekwurm is uiters versigtig om slegs besigheid te doen met erkende en geakkrediteerde instansies wat erkende databeskermingsbeginsels volg. Ons gebruik dus Shopify om ons winkel te bedryf. Shopify gebruik industriestandaard maniere om jou persoonlike inligting te beskerm. Met jou aankoop, deel Boekwurm via Shopify u afleweringsadres met Sendle, ons afleweringsvennoot, sodat hulle goedere by u kan aflewer.

Ons ontvang en berg alle inligting wat u op ons webwerf invoer of op enige ander manier aan ons gee, ten einde met u  handel te kan dryf. U verskaf die meeste sulke inligting wanneer u 'n soektog uitvoer, 'n rekening open, 'n bestelling plaas, 'n opmerking plaas, of met kliëntedienste kommunikeer. Sulke inligting kan u naam, adres, kontaknommer, e-posadres en finansiële inligting insluit, byvoorbeeld u kredietkaartinligting.

Ons neem geen verantwoordelikheid of aanspreeklikheid vir sekuriteit wat deur die kredietkaartonderneming of kredietkaarttransaksiefasiliteringsdienste rondom die inligting wat u verskaf, gebied word nie.

U kan die Australiese privaatheidsbeleide van Shopify en Sendle op hul onderskeie webtuistes nagaan.