Hierdie boek, gebaseer op die Afrika-legende, vertel hoe Modjadji in Venda aangekom het tydens 'n vreeslike droogte. Die droogte was so erg, dat die kinders daar nog nooit reën gesien het nie! Tot almal se genot het Modjadji haar towerkrag gebruik om dit te laat reën.