Skip to product information
1 van / of 4

Boereplaas Bordspeletjie

Boereplaas Bordspeletjie

Boereplaas is ’n bordspeletjie wat reeds dekades Afrikaanssprekendes se gunsteling is. Hierdie Boereplaas beloof opvoedkundige vermaak vir die hele gesin; dit is geskik vir 2-6 spelers en leer kinders (en grootmense!) van die hantering van geld, wins en verlies, oordeelkundige aankope en boerdery.

Die doel van Boereplaas is om besluite te neem oor jou boerdery, sodat jy maksimum wins verkry en genoeg geld bekom om jou plaas (bord) met prentkaartjies te voltooi.

As jy nog nie vir oom Sakkie ken nie, gaan hy die lewe vir jou versuur!

Nostalgies & Pret

BOEREPLAAS® is groot pret. Nou vir die eerste keer in jare, is daar weer ’n eg-Suid-Afrikaanse bordspeletjie op die mark. Net in Afrikaans. Net in Suid-Afrika. Met die heel beste en mooiste prente en kwaliteit bybehore.

Gesinsvermaak en Samesyn

Kry die hele gesin saam, bel jou maats, kom speel Boereplaas. Nou gaan ons Boer!

Moderne Boerdery - Winste / Verliese

Kom speel ‘n lekker moderne weergawe van Boereplaas! Beurtkrag laat jou kuikens vrek, jy moet allerhande belastings betaal en die werkers staak vir hoër lone. Aan die positiewe kant voer jy vrugtesap uit na Doebai, begin ’n staproete op jou plaas en begin ’n aanleg vir gebottelde water.

Opvoedkundig / Ondernemingsgees / Taalvaardighede / Rekenkunde / Sosiale Interaksie

BOEREPLAAS® is pret, maar ook opvoedkundig. Dit leer kinders (en grootmense) van boerdery, ondernemingsgees, taalvaardighede, rekenkunde en sosiale interaksie. Ook hoe om met geld te werk. Jy moet oordeelkundig op jou plaas boer, anders speel jy dalk bankrot of kan jy nie ’n trekker of huis vir jou plaas bekostig nie. Leer om somme te maak as jy aankope en verkope doen en van die goeie en slegte tydings met boerdery.

Ondersteun Afrikaans

Speel die Boereplaas speletjie en ondersteun Afrikaans. Dis nou beskikbaar, moet dit nie misloop nie.

Gewone prys / Regular price $75.00 AUD
Gewone prys / Regular price Prys op uitverkoping / Sale price $75.00 AUD
Op uitverkoping / Sale Uit voorraad / Sold out
Belasting ingesluit / Tax included. Aflewering word bereken met betaling. / Shipping calculated at checkout.
Sien volle besonderhede / View full details

Boekwurm - vir ons mense en ons taal!