Skip to product information
1 van / of 3

Leo

Leo

‘n Student se dood in die berg by Stellenbosch lyk verdag.

‘n Oud-Recce vermoor as 'n boodskap. Aan iemand: Hou julle bekke.

‘n Korrupte politikus se lyk in die sandkuil van Arabella se sestiende putjie. Met 'n onontsyferbare kode daarby.

‘n Mooi veldgids, gewerf as 'n heuningwip vir die grootste dollar-rooftog in die land se geskiedenis. En staatskapers wat elkeen van die ondersoeke saboteer.

Jyt 'n koel kop nodig om dit alles te ontrafel, om die enorme druk te kan hanteer. Jy moet kalm en gefokus en nugter wees.

Maar Bennie Griessel se kop is nie koel nie. Hy's bedruk. Bekommerd. Bevrees.

Want op 12 Junie moet hy trou, 'n datum wat op hom afkom soos 'n sneltrein. En hy's glad nie reg vir dié ding nie.

Dis 'n resep vir 'n ramp.

Gewone prys / Regular price $39.50 AUD
Gewone prys / Regular price Prys op uitverkoping / Sale price $39.50 AUD
Op uitverkoping / Sale Uit voorraad / Sold out
Belasting ingesluit / Tax included. Aflewering word bereken met betaling. / Shipping calculated at checkout.
Sien volle besonderhede / View full details

Boekwurm - vir ons mense en ons taal!