Skip to product information
1 van / of 4

Piekfyn Afrikaans Graad 8 Leerderboek vir Eerste Addisionele Taal

Piekfyn Afrikaans Graad 8 Leerderboek vir Eerste Addisionele Taal

Piekfyn Afrikaans Graad 8 is gemik op leerders wat Afrikaans as Eerste Addisionele Taal neem. Dit bevat interessante leerstof en volkleur illustrasies om visuele geletterdheid te bevorder. Al die taalinhoud, aktiwiteite, speletjies en ander oefeninge word met dié van ander vakke geïntegreer sodat die kennis wat die leerders opdoen, hulle ervaringswêreld verryk en hul sodoende deeglik voorberei vir Graad 9.

Die aktiwiteite is gerig op die leer van al die taal- en lewensvaardighede met kort tekste, prente, gedigte, strokies, taalspeletjies, stories, slagspreuke en ander lekkerleestekste. Leerders word deurlopend blootgestel aan luister, praat, lees, kyk, skryf en hulle word uitgedaag om Afrikaans taalstrukture speels, vloeiend en ekspressief te gebruik. Afdelings soos Pitkos, In ’n neutedop, Taalgids en Letterkundegids berei leerders vir enige soort taak voor.

Gewone prys / Regular price $39.50 AUD
Gewone prys / Regular price Prys op uitverkoping / Sale price $39.50 AUD
Op uitverkoping / Sale Uit voorraad / Sold out
Belasting ingesluit / Tax included. Aflewering word bereken met betaling. / Shipping calculated at checkout.
Sien volle besonderhede / View full details

Boekwurm - vir ons mense en ons taal!