Skip to product information
1 van / of 8

#PresiesAnders Reeks

#PresiesAnders Reeks

Zoe en Zoya is ʼn identiese tweeling. Maar dit is waar die ooreenkoms eindig. Terwyl Zoe gedurig haar neus in ‘n boek het en posters van die periodieke tabel teen haar kamermuur plak, is Zoya meer behep met haar voorkoms en die nuutste ou waarop sy kamtig verlief is.

Boek 1:

Wanneer Zoe ‘n klomp seuns as proefkonyne gebruik vir haar ekspo-taak, raak dinge ingewikkeld. Zoe móét net beheer kry van haarself. En beslis en absoluut totaal en al nie staan en verlief raak op haar sussie se kêrel nie!

Boek 2:

Gaan Zoya liefde vind? Dis dalk nie so maklik nie … Zoya presteer nie op skool soos haar tweelingsussie Zoe nie. Maar wie gee tog om oor wiskunde en rekeningkunde? Dis veel beter om seker te maak sy lyk altyd fantasties op ‘n selfie.

Wanneer Zoya gekies word as die hoof van die balkomitee, is sy verheug oor die kans om tyd saam met die aantreklike Erwee te spandeer. Daar is wel ‘n paar probleme: Erwee se jaloerse vriendin, Beula, ‘n geheimsinnige matchmaker en die feit dat haar pa skielik tienersleng praat en leer skateboard ry...

Boek 3: 

Zoe oortuig haar tweelingsussie om na 'n somerskool te gaan, maar sy wil eintlik net die plaaslike spook ontmoet wat volgens legende op die kampus dwaal. Zoya mag net nie uitvind dat daar 'n spook is nie, want sy is doodbang! Sommer gou is Zoya se senuwees op hol . . . En dis nie net omdat mislike Queen Bee Beula byna 'n groot ramp veroorsaak nie.

Kan dit wees dat die tweeling se ouer broer Zane se hart gebreek is deur die berugte kampusspook?

Gewone prys / Regular price $18.00 AUD
Gewone prys / Regular price $0.00 AUD Prys op uitverkoping / Sale price $18.00 AUD
Op uitverkoping / Sale Uit voorraad / Sold out
Taxes included. Aflewering word bereken met betaling. / Shipping calculated at checkout.
Boek
Sien volle besonderhede / View full details

Boekwurm - vir ons mense en ons taal!