Skip to product information
1 van / of 3

Slimkoppe Lees Vlak 3 Boek 1 - Pret met Klere

Slimkoppe Lees Vlak 3 Boek 1 - Pret met Klere

Pret met Klere is 'n titel in die reeks 'Slimkoppe Lees' wat ontwikkel is om kinders met selfvertroue te leer lees terwyl hulle dit geniet. Die 16 boekies in die reeks is ingedeel op vier vlakke wat ooreenstem met kinders se leesontwikkeling.

Vlak 3, Voluit vorentoe, is vir kinders wat gereed is om kort paragrawe aan te durf. Hulle sal die leidrade in die illustrasies en hul kennis van woordeskat en taal moet inspan. Vlak 3 bestaan uit vier boekies: Pret met klere; Kom ons speel; Vakansies en Abrakadabra!, wat elke vier moderne, eg-Suid-Afrikaanse stories bevat. Wanneer kinders die paragrawe in die boekies kan lees, is hulle gereed om die avonture van die gewilde Slimkoppe-karakters op Vlak 4 mee te maak.

(Sagteband, 48 bladsye)

Gewone prys / Regular price $9.50 AUD
Gewone prys / Regular price Prys op uitverkoping / Sale price $9.50 AUD
Op uitverkoping / Sale Uit voorraad / Sold out
Belasting ingesluit / Tax included. Aflewering word bereken met betaling. / Shipping calculated at checkout.
Sien volle besonderhede / View full details

Boekwurm - vir ons mense en ons taal!