Skip to product information
1 van / of 6

Trouvrou

Trouvrou

Die Trouvrou resepteboek bevat ‘n mengelmoes resepte van familie, vriendinne en ander wat Sylvia op haar lewenspad versamel het. Die fokus is hoofsaaklik op tradisonele Suid-Afrikaanse geregte. Dis ’n versameling wat enige skoonma sal trots maak op haar skoondogter.

Die boek is in drie afdelings ingedeel: Ouma se plaaskombuis, Mamma se dorpshuis en Sussie se “Flat”. Ouma dek ingewikkelder resepte soos koeksisters en wildspastei, resepte wat bietjie langer neem om voor te berei, Mamma is bietjie makliker met resepte soos Basaarkerrie en Pampoentert en Sussie s’n is sommer eenvoudig, met tientalle bymekaargooi disse.

Waar resepteboeke traditsioneel bont ontwerp word, is die Trouvrou Resepteboek jonk en vars met kleurpalette van groen en pink. Dit is ’n kombinasie van modern en nostalgies.

Die eerste uitgawe is uitgegee in 2016 en ons het binne 3 jaar meer as 2000 boeke verkoop sonder enige formele bemarking.  Die tweede uitgawe is uitgegee in 2020 en bevat al die resepte van die eerste uitgawe asook ekstra 35 resepte, nuwe bladuitleg en so paar ander mooi verrassings.

Die 256 bladsye, volkleur, 20cm x 25cm, sagteband boek bevat 175 resepte en 65 volkleur fotos. Daar is oop bladsye tussen-in waar jy jou eie resepte kan inskryf.

Gewone prys / Regular price $49.00 AUD
Gewone prys / Regular price Prys op uitverkoping / Sale price $49.00 AUD
Op uitverkoping / Sale Uit voorraad / Sold out
Belasting ingesluit / Tax included. Aflewering word bereken met betaling. / Shipping calculated at checkout.
Sien volle besonderhede / View full details

Boekwurm - vir ons mense en ons taal!