Skip to product information
1 van / of 3

Vrugte van die Gees - 2

Vrugte van die Gees - 2

Vrugte van die GeesLiefde, Geduld en Vriendelikheid is die twrede boek in ’n splinternuwe reeks kinderboeke wat gebaseer is op die vrug van die Gees in Galasiërs 5:22–23 in die Bybel: “Maar die vrug wat die Gees voortbring, is: liefde, vreugde, vrede, geduld, vriendelikheid, goedheid, getrouheid, sagmoedigheid en selfbeheersing”.

Hierdie reeks bestaan uit drie boeke wat elkeen drie spesifieke vrugte van die Gees weergee. Elke boek bevat ’n storie, Bybelstorie, Bybelles, gebed, Bybelvers en ’n praktiese uitdaging vir elke spesifieke vrug in die boek. Al die boeke is helder en kleurvol gedruk.

Pikkie Pynappel en Saartjie Suurlemoen verskyn in al die stories saam met die bepaalde vrug wat in daardie storie voorkom. Hierdie vrug leer vir Pikkie en Saartjie ’n karakterles in verhouding tot die vrug van die Gees wat hulle voorstel.

Die Vrugte van die Gees-reeks is geskryf om klein mensies te leer, te bemoedig en te inspireer oor God se karakter, sodat hulle kan uitstaan en hierdie karaktertrekke ontwikkel regdeur hul lewens. Dit help ook ouers om hul kinders Bybelse waarhede te leer.

• Helder en kleurvolle illustrasies
• Geestelike waarhede word prettig oorvertel
• Inhoud moedig familiegesprekke, besprekings en Bybelse lering aan
• Van waarde vir ouers en kinders
• Perfekte geskenk!

(Hardeband, 200mm x 200mm, 48 bladsye)

Gewone prys / Regular price $14.50 AUD
Gewone prys / Regular price Prys op uitverkoping / Sale price $14.50 AUD
Op uitverkoping / Sale Uit voorraad / Sold out
Belasting ingesluit / Tax included. Aflewering word bereken met betaling. / Shipping calculated at checkout.
Sien volle besonderhede / View full details

Boekwurm - vir ons mense en ons taal!