Nils Holgersson Se Wonderbaarlike Reis (Hardeband)
Nils Holgersson Se Wonderbaarlike Reis (Hardeband)
Wie ken nie die seun met die goue hare en die wit hoedjie wat op die groot, wit gans oor Lapland sweef nie? Dis Nils Holgersson, natuurlik.
Nils Holgersson bly op ’n plaas in Swede. Hy is ’n klein niksnut. Eendag gebeur iets vreemds met hom. Hy word in ’n kabouter verander en beland op die rug van ’n mak gans. Saam beleef Nils en die gans Maarten groot avonture. Hulle emigreer saam met die wildeganse na Lapland.
Onderweg maak hulle vriende, soos meneer Emerik die ooievaar en Donsie, die grys gans. Maar hulle moet ligloop vir Smirre, die geslepe jakkals...
Selma Lagerlöf (1858-1940), Sweedse skrywer en eerste vroulike wenner van die Nobelprys vir Letterkunde, se Nils Holgersson Se Wonderbaarlike Reis is in 1906 gepubliseer. Sedertdien is hierdie tydlose verhaal in verskeie tale vertaal en word dit steeds deur oud en jonk geniet.