Skip to product information
1 van / of 3

Saartjie Omnibus 5

Saartjie Omnibus 5

In hierdie omnibus, wat nóg drie gewilde Saartjie-stories bevat, word Saartjie Baumann, die langbeenmeisie met die wipneus, kuiltjies in die wange en duisende duiweltjies in haar oë, se avonture voortgesit.

  • In Saartjie se dapper daad het Saartjie se ouer broer, Kris, groot liefdesprobleme. Sy meisie het hom gelos vir ’n vent met ’n blink motor en ’n snor. Saartjie kom vorendag met ’n skreeusnaakse plan om hom op sy plek te sit.
  • In Saartjie se piekniek beland Apie se rugbybal in die kwaai oom Kerneels se perskeboord. Saartjie probeer help, maar veroorsaak in die proses nóg groter moeilikheid. Hulle kort geld om skadevergoeding te betaal en Saartjie reël ’n piekniek waarvoor Lynnekom se kinders moet opdok.
  • In Saartjie se prys lees Saartjie van kinders wat ’n vriendelikheidsveldtog geloods en almal om hulle se lewens verander het. Wanneer sy haar vriendinne ompraat om saam met haar die toonbeeld van vriendelikheid en goeie maniere te wees, vermoed almal onraad, veral die seuns.

Saartjie het ’n sjarme wat tot oud en jonk spreek en nuwe lesers sal dadelik deur Saartjie en die Drie Muskiete se avonture meegevoer word.

Gewone prys / Regular price $23.50 AUD
Gewone prys / Regular price Prys op uitverkoping / Sale price $23.50 AUD
Op uitverkoping / Sale Uit voorraad / Sold out
Belasting ingesluit / Tax included. Aflewering word bereken met betaling. / Shipping calculated at checkout.
Sien volle besonderhede / View full details

Boekwurm - vir ons mense en ons taal!