Skip to product information
1 van / of 4

Troep: die dinge wat hulle saamdra

Troep: die dinge wat hulle saamdra

In  Troep  vertel meer as ’n honderd oud-troepe wat hulle onthou van diensplig: om op skool opgeroep te word, te gaan oorlog maak en twee jaar later weer huis toe te kom. Tussenin lê stories van varkpanne, tiekiebokse, twee-komma-viers, boeliebief, die DB, ryloop, pakkies, bosbussies, naweekpas, ratpacks, stof, Buffels, landmyne en skrapnel – en ook herinneringe van vriende, seuns en broers wat nie teruggekom het nie.

Bun Booyens voeg al hierdie stemme saam tot die verhaal van die uit-sonderlike dinge wat duisende gewone seuns beleef het. Hierdie stories sal ’n snaar by veterane roer, en hul naastes help om te verstaan watter dinge hierdie mense vandag steeds met hulle saamdra – dit wat hulle onthou, maar ook dit wat hulle nie kan vergeet nie.

Gewone prys / Regular price $37.00 AUD
Gewone prys / Regular price Prys op uitverkoping / Sale price $37.00 AUD
Op uitverkoping / Sale Uit voorraad / Sold out
Taxes included. Aflewering word bereken met betaling. / Shipping calculated at checkout.
Sien volle besonderhede / View full details

Boekwurm - vir ons mense en ons taal!