Skip to product information
1 van / of 3

Trompie Omnibus 4

Trompie Omnibus 4

In hierdie omnibus, wat nóg drie gewilde Trompie-stories bevat, word die sproetgesig Grootkaptein en die Boksombende se avonture voortgesit.

  • In Trompie die mooi seun is dit die begin van die lang Desembervakansie. Trompie en Blikkies pas die haarkapper se winkel op en die Boksombende se Grootkaptein waag sy hand aan ’n laerskoolseun se mooi lokke – met rampspoedige gevolge.
  • In Trompie die leier besluit Kwaggaberg se skoolhoof twee graad tien-leerders moet as junior leerderraadslede gekies word en hierdie groot eer val Trompie en Katrien te beurt. Maar die Grootkaptein se drie manskappe maak die lewe vir hom moeilik.
  • In Trompie die rugbyreus begin die rugbyseisoen en Trompie en sy maats se lewens draai net om een ding – hul gunstelingsport. Min weet hulle watter groot verrassing daar nog op hulle wag.

Die ondeunde Trompie het ’n sjarme wat tot oud en jonk spreek en nuwe lesers sal dadelik deur Trompie en die Boksombende se avonture meegevoer word!

Gewone prys / Regular price $19.00 USD
Gewone prys / Regular price Prys op uitverkoping / Sale price $19.00 USD
Op uitverkoping / Sale Uit voorraad / Sold out
Belasting ingesluit / Tax included. Aflewering word bereken met betaling. / Shipping calculated at checkout.
Sien volle besonderhede / View full details

Boekwurm - vir ons mense en ons taal!