Skip to product information
1 van / of 4

Vleis

Vleis

Suid-Afrikaners is nou maar eenmaal gaande oor vleis – van die snoet tot die stert. Ongeag kultuur, kleur of inkomste eet meer as 90% van die reënboognasie minstens twee keer per week vleis én hulle beskou dit as ’n belangriker – en bowenal lekkerder – stapelvoedsel as brood en pap of groente en vrugte.

Annelien Pienaar se passie vir en wetenskaplike kennis van goeie, volhoubare vleis word weerspieël in Vleis – Die volledige gids, ’n moderne ensiklopedie wat ’n ereplek verdien in die kombuis van almal wat graag vleis eet, verwerk en gaarmaak. Wonder jy uit watter deel van die dier die verskillende snitte kom en hoe lank jy dit moet gaarmaak? Wat bepaal hoe sag vleis is? Hoe verouder of vries jy vleis? In Vleis – Die volledige gids beantwood Annelien al dié vrae plus ’n hordes ander. Die boek bevat:

• Meer as 100 resepte wat die toets van die tyd deurstaan het – daar’s beesvleis, lam en skaap, vark, pluimvee, afval en wildsvleis, en enigiets van maklike gesinsetes, tradisionele treffers en spoggerige onthaalkos tot kitsplanne met die oorskiet
• Beskrywings van al die verskillende vleissnitte, hulle gebruike en die beste metodes om dit gaar te maak
• Nuttige inligting oor die voedingswaarde en veroudering van vleis, vleisterme en omskakelingstabelle
• Ekstra resepte vir marinades, souse, soutmengsels, aftreksels en deeg wat vleis komplementeer

180 plus resepte
270 bladsye

Gewone prys / Regular price $47.00 AUD
Gewone prys / Regular price Prys op uitverkoping / Sale price $47.00 AUD
Op uitverkoping / Sale Uit voorraad / Sold out
Belasting ingesluit / Tax included. Aflewering word bereken met betaling. / Shipping calculated at checkout.
Sien volle besonderhede / View full details

Boekwurm - vir ons mense en ons taal!